Republk

Republk Wholesale 

Afrikanis T-hemp

Tax excluded. Shipping / tax calculated at checkout.

Afrikanis is die inheemse hond van Afrika wat afstam van antieke Egiptiese honde wat regdeur die Nyldelta gevind kon word. Die eerste rekord van ’n mak hond in Suid-Afrika dateer vanaf 570 nC en sy oorblyfsels is in die gebied van hedendaagse Ellisras gevind. Die eerste geskrewe rekord van hierdie honde is in Vasco da Gama se dagboek waarin hy na die Khoikhoi verwys. Hy skryf: “Hulle het baie honde soos dié van Portugal”. Hierdie honde is nog nooit aan doelbewuste teling onderwerp nie en die gevolg is dat hulle goed aangepas by die Afrika-omgewing. Hulle is bestand teen algemene siektes, verdraagsaam teenoor parasiete en minder aangetas deur oorerflike siektes. Die historikus G.M Theal skryf oor hierdie honde: “Hy was ‘n lelike wese, sy liggaam is soos dié van ‘n jakkals gevorm, en die hare op sy ruggraat is vorentoe gedraai; maar hy is ’n getroue, diensbare dier van sy soort”.

Other related products