Tax excluded. Shipping / tax calculated at checkout.
Die simbool van die gemsbok is oorlewing. Oorlewing deur deursettingsvermoë in taai omstandighede. Gemsbokke moet nie net dikwels in skaarsheid in woestyngebiede oorleef nie, maar drink ook vir die meerheid van die jaar min tot geen water nie. Hulle is aanpasbaar, daarom ook dat hulle sulke stadige metobolismes moes ontwikkel. Ons as Suid-Afrikaners het beslis al ook ‘n ding of twee by gemsbokke geleer oor oorlewing en taaiheid in moeilike omstandighede – geen wonder al waar ons en hulle floreer is in Afrika nie!