Lied 107 in die FAK-sangbundel is ‘n liefdesliedjie wat soos volg lui:
“My hartjie, my liefie, die son sak weg,
die son sak weg, die son sak weg.
My hartjie, my liefie, die son sak weg
daar onder by die blou berge.”
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.
My hartjie, my liefie, die maan kom op,
die maan kom op, die maan kom op.
My hartjie, my liefie, die maan kom op
daar onder by die blou berge.