Betekenis: Die aangenaamste plek in die hele wêreld is maar jou eie huis. Die grootste avontuur is dikwels opgesluit in die plek waar jy reeds is. Dit is die plek waar jy die mees op jou gemak is, jou kinders veilig voel, waar jou herinneringe gebou word, waar jou geliefdes en vriende bymekaarkom – dit is jou huis, met sy fondasie stewig in Afrika geanker. Geen gras in die Ooste is groener, geen huis in Weste beter, dit is hier waar jy op jou beste tuis voel. Hier is ’n paar redes waarom SA tóg maar die aangenaamste plekkie in die hele wêreld is:
•Die langste wynroete in die wêreld is te vinde in SA – dit begin in Kaapstad en eindig in PE.
•Daar word gesê dat Johannesburg met sy ongeveer ses miljoen bome, die wêreld se grootste mensgemaakte woud is.
•Ons het nie een nie, nie twee nie, maar drie amptelike hoofstede!